Veilig aangekom in Vancouver na 21ure se gevlieg,gelukkig het ek met my vlug na Heathrow niemand langs my gehad nie, so ek kon lekker le en slaap wat baie beter is as regop sit vir die nag.
Half twaalf aangekom in Vancouver op n pragtige oggend met sneeu op die berge,en n byt in die lug.Sien uit na my bad en bed voor ek more oggend, pad vat, skip toe, wat my huis gaan wees vir die volgende 13 weke.Hoop ek kry my biologiese klok aangesorteer want SA is 9 ure voor ons. Baie dankbaar om by Liefie aan te sluit, n groot voorreg en seen.
Lyk my ek's nog dom met comment - hoop ek kry dit gelaai :P
ReplyDeleteGeniet die samesyn, pragtige omgewing en lepelĂȘ met bokkie xxxT.