Sunday, 17 May 2015

15 Mei 2015 Ketchikan


15 Mei 2015: KETCHIKAN

Vanoggend weer lui vir opstaan maar weereens n pragtige sonskyn dag en in so n  plek wat baie baie reen kry, toe weet ek, gryp die dag! Na n lekker stewige ontbyt is ek met my rugsak die dorpie in.Ek stap sommer en vat net die pad, geen plan en kyk maar net waar ek uitkom.Het toe eers weer  deur Creek Street gestap en my  verkyk aan die Dollys House se meisies,hulle is aangetrek soos rooi lig vrouens ,wens so ek kon fotos neem maar dink dan moet jy betaal so is maar versigtig miskien sal ek volgende keer braaf wees.Op die buitekant staan daar DOLLYS HOUSE WHERE BOTH MEN AND SALMON CAME UPSTREAM TO SPAWN!! HISTORIC RED LIGHT TOUR 24 CREEK STREET EST IN 1919.Alles net so behou na al die jare, eintlik amazing dink ou Dolly het ook in die huis gebly tot en met haar dood.Het glo ook vir die manne eksta gevra as sy hulle skoene se modder moes afwas voor hulle die huis kon binne gaan.Die getroude manne het weer n spesiale voetpad deur die bos gehad na die plek toe,verbeel jou, die ou bliksems.Die water in die creek is kristal helder maar dink vrek koud,ek is toe sommer so al langs die creek die woonbuurt in en het so al langs die rivier gestap.Het afgekom op n local wat visvang ,hy en sy hond en wraggies daar vang hy toe n lekker groot salmon maar net toe hy hom wil optel toe kom hy weg,toe kry die hond sommer raas en dit lyk skoon asof hy verstaan wat sy baas se. n Ander local het ook vir ons gese, so oor n maand behoort die visse hier te wees, so ek hoop regtig ons is so gelukkig om dit te sien.Is verby n ou huis met n boot wat ook lyk hy sal nie weer die water  sien nie,wonder nogal wat daar aangaan want lyk asof alles net toestaan en of daar dalk n brand kon gewees het en die lewe om die huis gaan aan.Weet dat die inheemse mense van die plek die huise wat afbrand net so los want hulle glo die aarde sal  dit terug vat, so dit mag nie afgebreek word nie,intressant.Daarna is ek honderde hout trappe die berg uit tot by n uitkyk punt en restaurant,ook n pragtige uitsig oor die hawe gebied.Het  vasgehaak op n heerlike sagte leer stoel  in n lekker warm vertrek met n uitsig, na 2 ure het ek besluit seker nou tyd vir die terugtog.Het besluit gaan van nou af by elke port  waar ons aanwal gaan vir ons n yskas magneet koop so toe is ek die winkels in om te gaan soek na een.Wil volgende keer vir Liefie ook na die Fish House toe vat, dan probeer ons bietji chips en local halibut vis,het dit al op die skip geeet en was bitter lekker.Voel soos n verkenners commando, ek gaan vooruit en kyk dinge uit ,dan sleep  ek vir Kaptein in!! Teen die tyd was die voete al seer want het weer  rondgeloop in mooi lyk klere en wraggies nog nie my les geleer nie,maar nie kans gesien vir mooi klere met tekkies nie,al steek net die punte uit,so ek moes maar suffer.Dink gaan volgende week maar die jeans en tekkies maar dra!! Terug op die skip en honger en dors soos n bees, en natuurlik weer geswig voor al die lekker goed,tot 2 scoops roomys gevat en elke keer spyt want te veel , maar leer ook nie my les nie,is nou nes n teenager!!Liefie het gewerk maar lyk my iemand het hulle ook bederf en hier aangekom in die mediese sentrum met lekker eetgoed,smoked salmon en shrimps so hulle het  ook boots en all ingeklim , gin wonder hy het  die appel wat ek gebring het, net so gekyk en gese bere!! Tot more mooi bly

 

16 May 2015: @SEA

Well today we are at sea and on our way to Victoria in British Columbia, my favourite place, it is absolutely beautiful, said to hubby Victoria and Puerto Rico are my favourite places visited so far with our travels. Was good this morning and had a good workout in the gym before I got stuck into breakfast! Still cold outside, weather partly cloudy and 10 degrees, sunrise is at 5.42 and sunset only at 21h20 which feels quite strange, in bed and the sun still shining. Tonight hubby has to do the wave ( for those of you that don’t know at the end of a cruise all the crew go on stage after the main show of the evening  and  are introduced to the passengers)Not his favourite thing but part of the job!!  Hubby working tomorrow so I will be exploring on my own, so I am going to try and visit the Butchard Gardens which is about 45min drive from the harbour area,  not something he would visit and after that I will go on a walk to  lovely places in this beautiful city. We arrive at 10h00 and only leave at 22h00 which is great, so you have more than enough time. On Monday we are back in Vancouver. At  the end of the Alaska season , our next trip might be South America, it is a 14 day cruise and you leave from Santiago Chile, Sea day, Puerto Montt Chile, Puerto Chacabuco Chile,  Patagonic Channels/Chilean Fjords , Cruise straight of Maggellan, Punta Arenas Chile, Cruise Beagle Channel/Ushuala Argentina, Cruise Cape Horn, Stanley Falkland islands, Sea day, Madryn Agentina,Sea day, Montavideo Uruguay, Buenos Aires. So you start in Santiago Chile and end in Buenos Aires or can start in Buenos Aires and end in Santiago Chile, very exciting for it is a first for the company .Am so thankful for being able to visit all these wonderful places, a huge blessing and privilege. Well that’s all my news for now, as hubby says he does not know how I can right all this stuff about nothing!!!!!!! Cheeky ding!!!!! Of soos ons kinders hom noem, ou grap gat!

 

No comments:

Post a Comment