6 Mei 2015 : Port Elizabeth-OR Tambo Lughawe
Is Woensdag weg uit
PE met my suster en my ma wat my by die lughawe gaan aflaai het,my dogter nie
lief vir die lughawe en totsiens se nie, se maak haar te hartseer.Was bekommerd omdat ek net 1 tas mag vat wat 23kg
weeg en moes my klein tas en rugsak saam piekel as handluggage!! Voel soos pakdonkie
want is klein tas, rugsak,kussingkie en my klein handsak. Liefie se, sy
rugsak was so swaar kon hom omtrent
agteroor trek as hy nie vas staan nie,werk gekos om regop te bly en te maak
asof hy glad nie swaar is nie!!! Dink hierso gaan n tas gekoop word om alles
weer in te kry met terugkeer huis toe. Was gelukkig met die oornag vlug na
Heathrow het niemand langs my gesit nie so ek kon lekker slaap.Het 3 ure gehad
in Heathrow so was eintlik net genoeg voor ek op n Kanadese vlug Vancouver toe is,
9 ure van vlieg het weer voorgele.Gelukkig
op TV reeks afgekom wat ek by die huis gevolg het so dit het my vir n tyd lank
besig gehou.Lieflike dag in Vancouver perfekte weer met sneeu op die berge en n
byt in die lug.Raak nou gewoont aan die shuttle vang na hotel en het nie eers
10 min gewag nie toe is ek hotel toe.
Vrydag 8 Mei 2015: Vancouver
Aangekom by die terminaal in die hawe gebied waar ons op die
skip opklim,en net betyds die bus vanoggend gekry, moet nou eers wag voor ons
kan opklim,moet se die plekke hier in Kanada baie netjies en skoon en alles
werk en is betyds, krag is aan!!!!! Omtrent my verlore slaap gister in die
hotel ingehaal en heel middag gele en slaap en toe ook nog gedeurnag tot so 4
uur vanoggend toe, toe is ek klaar geslaap.Lieflike sonskyn dag maar vir my nog
koelerig,die mense hierso loop kaal arms rond en dink dis warm!!! Sien die
passasiers wat hier afklim , lyk vir my na die ouer garde maar dink Alaska is
meer vir die senior burgers, Karibiese eiland weer vir die jonges, wat son, see
en plesier soek.Gister se customs in Vancouver was omtrent besig en n hele paar
vlugte het gelyk aangekom so was lank staan in die toue,bly ek moes nie nog n
vlug vang nie want dan was my senuwees gedaan.Ook einaardige Japsnese skoolmeisies
met maskers op hulle gesigte, vir my baie vreemd, gewonder wat se kieme hulle
van weet waarvan ek nie weet nie!!! So nou wag ons……… vir die tyd om aan te
stap, geen haas ,sailaway eers 4 uur vamiddag en dan is dit noord vir ons skip
aan die weskus van Amerika,gelukkig weg van die tornados en donderstorms. Net
toe ek die foon op die skip optel om vir Liefie te laat weet ek is aan boord
toe verskyn hy agter my,bitter bly om hom te sien.So n uur voor die skip moes
vertrek kry ons n oproep dat ek deur customs gesoek word!!! Praat van benoude
boude,ek was glo nie deur die regte customs area nie en moes gelukkig net weer
deur hulle sisteem gaan,baie baie verlig want met hulle wil ek nie moeilikheid
he nie want dan is dit seker selle toe en dan huis toe op die volgende
vlug.Moes ook my paspoort inhandig op die skip wat vir my ook n vreemde konsep
is want dit nog nooit gedoen nie en weet jy pas hom mos op met jou lewe as jy
in n ander land is.Die sailaway uit die hawe in Vancouver was pragtig en het
wraggies nie die kamera saam met my gehad nie so gaan moet wag vir volgende
keer om dit af te neem.Was ook amper my man se pasient toe ek op die trappe gly
en so amper al rollende die trappe af is!! En die ergste, ek sou my landing
gemaak het op dek 5 in die ontvangs area voor al die passasiers, verbeel
jou.Kon darem my balans weer kry en geklou aan die reling en boeke, wat ek so
pas in die bib gekry het, dit voel mos almal het jou gesien val. In die vroee
oggend ure het my man die kassie deur waarin die yskas is oopgelos en wragtig
daar loop ek in die donker teen hom vas dat die velle waai,en natuurlik
pleisters vergeet, toe moes liefie gou pleisters gaan kry , die is sommer met
sy nagkabaai hier uit, lees reg nie adamsgewaad nie maar nagkabaai!! Ook maar
goed niemand in die gang gekry nie dink net die dr loop rond in net sy
nagbroek.Verder darem n rusitge nag gehad. Alles uitgepak , prente en fotos
teen die mure op ,serpe en krale hang ,so kamer lyk heel huislik en soos liefie
se, elke gaaitji geinfiltreer!!
9 May 2015: @ SEA
We are @ sea today and will arrive in Sitka Alaska tomorrow
at 11h00 and all aboard time is 7.30. Slept like a baby and was ready for the
gym after a very long break,so assume will be stiff and sore tomorrow in places
I have forgotten about! Got stuck into the breakfast and will be having a lot
of sammon in this sammon world.After breakfast I went to the shore excursions
talk and hope we get to do a few of them ,very keen to do the zipline in Icy Strait
Point , the worlds largest ziprider.That would be moving out of my comfort zone
for sure ,so we will see.Keen to do white river rafting in Juneau, and want to
go to the lumber jack show in Ketchikan.There are so many things to do and maybe
one day we will be able to fly on a sea plane, looks amazing but exspensive.The
most exspensive excurtion on this cruise is the Taku Glasier Adventure by air,
water and ice $699 !!! looks amazing and beautiful .On the videos you are
amazed at Gods creation and it looks so untouched and breathtaking.Am so
thankful that we could see Alaska for it is really very special,a bucketlist
place to visit. This is a 10 day cruise and we will be visiting the following
places Sitka,Icy StraitPoint,Juneau,Skagway,Ketchikan,Victoria BC and back to
Vancouver.Think I have not brought enough warm clothing for it is really really
cold outside.So until tomorrow,bye.
10 Mei 2015: SITKA ALASKA
Vanoggend 10.30 in Sitka Alaska aangekom in n klein vissers
dorpie met vissers bote en nette net waar jy kyk.Die hoe berg toppe vol sneeu het hier en daar vir ons geloer
tussen die wolke wat maar laag le.Die dorpie is so 10km van die hawe waar ons
gedok is,so ons is met dorps bussies aangery tot in die middedorp.Moet erken
die bussies lyk maar vir my asof hulle uit n vorige era kom maar het ons gekry
waar ons moes wees.Terwyl ons gery het, het die busbestuurder vir ons meer
vertel van die geskiedenis van die dorpie.Kry hierso 2 keer hoog water en laag
water in 1 dag hoe verder jy van die ewenaar is, se hy.Ek en liefie het die dag
spandeer om rond te loop en alles te bekyk so bly ons kon dit saam doen, se vir
hom lyk my ons raak oud want ons bloed dun, kry vreeslik koud seker net nie
gewoont aan die tipe koue nie.Ons stap nog en gesels te lekker in Afrikaans toe
iemand ons antwoord in Afrikaans!! Wys jou net, moet versigtig wees met wat jy
se!! was toe ander outji van JHB wat in die kuns ateljee werk met sy ouers wat by hom kuier.Is later na n
parkie waar liefie soos n boemi op my skoot in die son le en slaap het ,maar
met n pragtige uitsig oor die see en berge.Bly ons kon die dorpie beleef want
kom nie weer terug na dit toe nie.O ja het n geluk getref ,by die stadsaal in
die dorpie het hulle n quilting uitstalling gehad en die local het die
lekkerste tuisgemaakde koekies en koffie
vir ons toeriste gehad en het ons te lekker gesmul aan die heerlike koekies,
dink liefie het seker 10 geeet!!! Die mense ken van koekies bak en quiting
doen.Eers die aand weg uit Sitka en ons volgende bestemming Icy Stait Point,
Hoonah.
11 May 2015: Icy Strait Point Hoonah
Arrived in Icy Strait Point at 8 this morning and had to
take the tender boats to get ashore. Is freezing outside but we are lucky a
beautiful sunny day. Hubby working today, so after breakfast I left to go
exploring. It is actually a village catering for tourists so they have a fish
house, historic canning line museum, beach trails, open wood chip fires to sit
around, forest & nature trails and tram and also a crab station. The old
cemetery is amazing with this most beautiful view over the sea and mountains,
white picket fence, and wild flowers, not what I am use to. First I sat around
the open wood chip fire that was something I have never experienced with my
travels, special, made me think of the Paul Revere cigarette advert with the
guy next to the river, that we always saw in the movies, many many years ago!! Then I was off to the area
where the Zip riders land after their zip lining experience, as I said before
is the world’s largest zip line, plunging 5400 feet !!! Still
deciding if I will actually have the courage to do it. Then I discovered this
beautiful log cabin restaurant along the beach with a huge boiler that they make fire in and
warms the whole place so this is where I got stuck, with my hot chocolate and
writing my blog. Will definitely bring hubby here with our next visit. Tomorrow
we will be in Juneau, hope I find some high speed internet to post my blog.
Back on the ship it was time for lunch and a hot cup of tea on deck 11 with a
view over the ocean and snow covered
mountains the Alaska Wilderness.
No comments:
Post a Comment