23
Mei 2015: Ketchikan
Gisteraand
baie lekker gaan uiteet in Cagneys steakhouse maar die kos kom en kom net
aanmekaar tot jy net nie meer kan nie.Ons uitsig was van dek 12 ,met n see wat
lyk soos n spieel,dit was om afskeid te neem van die ander dr wat huis toe
gaan.Het nie alkoholiese wyn gedrink uit
pragtige wynglase so die mooi glase darem opgemaak!! Eers begin jy met
voorgeregte en sop en dan kom hoender,skaapvleis,steak,vark,vis,noem maar op,
ek kon nader nie meer eers proe nie, pynappel word bedien met bruin suiker en
kaneel ,dit was die begin van die nageregte.Gelukkig het ons na al die eet eers
op dek 6 gaan stap met n pragtige halwe maan wat so oor die sneeubedekte berge
geskyn het,en lekker koud so het ons aan die stap gekry.Toe het n warm bed
gewag,so met n vol maag en warm bed was dit gou gou droomland.Vandag gaan
rondloop in Ketchikan en het maar droewig buite gelyk so ek het gedink vandag
gaan ons in die reen moet rondstap maar was nie lank nie toe trek dit oop en
was n heerlike dag ,12 grade buite, wat vir hulle warm is!! Het eers in die
winkels rondgehang en toe weer die lang trappe berg op gevat na my wi-fi spot
toe. Het ook fotos geneem van Dollys House se girls en ooo my genade lyk maar
bietji rof,sal fotos opsit en dan sal julle sien wat ek bedoel.Julle dink seker
wat is dit met my en die wifi maar enige kontak met die huis soos wors in n
hondehok ,op die skip kan jy connect maar dis soos n timer langs jou en die
dollors vlieg, so dit genoeg om mens se senuwees klaar te maak, so dit net vir
noodgevalle. Hierso het hulle ook nie aanpas kamers as jy klere koop nie so dis
skat of net so oor jou klere aantrek voor n spieel in die winkel, vir my nogal
vreemd,maar hoe se hulle when in Rome do as the Romens do en net so!! gemaak.More
aand gaan ek en liefie alleen uiteet in n Franse restaurant op sy baas se
rekening so ek baie opgewonde,is glo baie mooi en romanties,so watch this space
soos hulle se!Hulle se kan lekker slakke en lobster eet so sal kom vertel hoe
dit gegaan het.Laat my dink aan Pretty Women fliek,hoop nie ek steek my man in
die skande nie want die moet uitgaan in sy step outs wat baie spoggerig lyk.So
tot more mooi bly
24 May
2015: @ SEA
Yesterday
we were at sea again, on our way back to Vancouver so a real lazy day, did make
a visit to the gym, and started watching the movie Out of Africa. Hubby was off
for the day and told him he is a bad influence for as soon as he gets under our
blue blanket I end up having an afternoon sleep. Then last night we went to the
French Restaurant Le Bistro on board for our special dinner, was great, first
of all the view was amazing on deck 12 with views of the Alaskan mountains and
the ship going very slowly while the sun was setting. We had delicious snails
with garlic butter and lots and lots of bread, then my main was pork fillet
with apples and green asparagus and hubby had beef fillet with mash, he can’t
seem to get away from his fillet or steak!! Desert was cream brule for me and
apple pie and ice-cream for hubby. The French champagne was $88 a bottle so
maybe it was a good thing we had to pass on that!! Overall a good evening with
great food, a fantastic view and the best company!!!!! Special times and
memories.
25 Mei
2015: Vancouver
Vanoggend
was dit Vancouver en die weer maar treurig, toegetrek en nou en dan n paar
druppels,so is die stad in met my sambrieel en reen poncho, het al lekker
natgereen in Bermuda so maak seker ek is reg vir enigiets.Eers weer Apple store
toe vir my man en toe sommer vir n ruk in die winkels rondgeloop,pragtige
winkels en van hulle baie grand eintlik uit my plek gevoel met my tekkies en
rugsak,al die brand name!! Moet se die mense hierso trek baie netjies en mooi
aan.Na n café Latte by starbucks is ek al langs die waterfront langs,
te voet!! By n fiets verhurings plek verby gegaan en dink sal dit dalk
aanpak met n volgende besoek,lyk lekker en ry darem nie tussen karre nie so
dink darem veilig,hier ry hulle mos aan die ander kant van die pad so kan mens
deurmekaar maak.Sea Planes en bote hierso soos n taxi by ons lyk dit vir
my.Moes my tyd dophou want so bang is laat vir die skip en dan is dit
moeilikheid.Hierso is jou naam op n lys so dit is nie net vir verdwyn nie lyk
my weet alles van jou.Is eers weer oor 2 weke hierso want die week reis ons na
Seward soos ek vroeer vertel het.Sien nogal uit om dit ook te sien,dis ook die
plek waar liefie gaan afklim as sy kontrrak klaar is en dan moet hy n 2 ure busrit vat tot in
Anchorage waar hy dan van vlieg,weet nog nie waarheen nie,so dink dit gaan weer
n baie lang gevlieg wees.Hierso spot hulle mos met jou en se as jy in hulle
slegte boekies kom laat hulle jou half pad om die wereld huis toe vlieg!! Dink
vanaand gaan n vroee aand wees,na al die geeet,vanoggend sommer net gepik aan
die kos,soos voeltji ingeskep,maar weet mos ook dit gaan verby! Het vir liefie
n appel gebring en in ons kas gesit ,so laat middag is ek lus vir ietsi en vat
toe net n hap uit die appel, toe hy natuurlik die kas oopmaak en sien hier is n
hap weg se hy heel ernstig vir my, jong ons sal hierso n slagyster moet stel
want sien het n muis in die kas! Ougrapjas.Tot more mooi bly
26 May
2015: @ SEA
Started
writing down all the places hubby has visited since he started with this job
and am going to name them for you, for I was dumbstruck, you won’t believe all
the places he has seen. Time flies, will be 3 years in Nov since he started as
a sailor and left land! A once in a life time opportunity, and blessing which
we are very very thankful for:
Miami
Florida
St Maarten
St Thomas
USVI
Nassau
Bahamas
Great
Stirrup Cay Private Island
Great
Harbour Cay
New York
San Juan
Puerto Rico
Port
Canaveral
Tampa
Cartagena
Columbia
Panama
Canal
Puntarenas
Costa Rica
Huatulco
Mexico
Acapulco
Mexico
Cabo
SanLucas Mexico
Los Angeles
San
Francisco
Boston
Portland Maine
Halifax NS
Charlottetown
PEI
Gaspesie
Quebec
La Baie
Quebec
Quebec City
Sydney NS
Saint John
NB
Bar Harbour
Maine
Roatan
Honduras
Belize
Costa Maya
Mexico
Cozumel
Mexico
Barcelona
Spain
Naples
Italy
Civitavecchia
Italy Rome
Livorno
Italy Pisa
Cannes
France
Palma
Majorca Spain
Orlanda
Altlanta
Hy het al op
5 verskillende skepe gewerk en al 7
kontrakte agter die rug en so vlieg die tyd , Suid America wag en is n 14 dag
toer, dink die see maar wild en woes of
moet ek se hierso sien ek elke dag op BBC weather hoe daardie groot reen verby
beweeg oor Suid Amerika,so ons sal maar sien wat wag vir ons.Vir my staan die
plekke uit: San Juan in Puerto Rico , Victoria in British Columbia , Saint John en Alaska.Toe
ek vir liefie vra wat staan vir hom uit toe kry ek 16 Marine Gardens!!! Been a very lazy day but
for one poor passenger he has spent his afternoon vomiting, for every now and
again we just hear him retching, he will have to be strong for we only reach
land at 7 tomorrow morning and only life threatening situations are
airlifted.Gisteraand het die kaptein by ons tafel kom sit met aandete maar hy
vreeslik aangenaam n ouerige man van Swede,woon in Stockholm ,werk 10 weke op n
slag en dan vir 10 weke af.Amazing hoe mens onmiddelik wil styf raak en hulle
ook maar gewone mense nes ek en jy.Vertel dat hy van 12 tot 01h00 gisternag aan
diens is op die brug.Vir hom uitgevra oor Seward en klink maar klein,so ons sal
maar sien wat vir ons wag.