Saturday, 4 July 2015

29 Junie 2015 Seward


29 Julie 2015: Seward

Gisteraand weer n speletjies aand gehad en eers 12h30 in die bed gekom, so die nag was heeltemal te kort gewees en oortjies hang vanoggend beslis nie bright eyed en bushy tailed nie.Om alles erger te maak is dit nog toegetrek en mistroostig buite,daardie weer waar jy verlang na mense wat jy nie eers ken nie!!!Harte staan nou huis toe! Ek en liefie is toe na ontbyt weer hier die strate in en heeltyd gestap in weer wat net 2 druppels spoeg ,net genoeg om jou bril nat te maak.Orals le sommer groot poele water so hulle het beslis baie reen gehad en alles is nat.Vandag is dit weer die optel van nuwe passasiers vir die volgende week se cruise.Met die gedrup buite  het ons besluit om nie vandag die staproete aan te pak nie, so hopelik kan ons dit met volgende besoek doen want dit sal my laaste keer in Seward wees, so next time.Toe is dit weer see langs bib toe,wat pragtig was, so n vasige mis oor die dorpie en see, het mooi fotos geneem met ons gestap.Het ook oppad vir ons eers n lekker warm Latte gekry wat vining afgegaan het, toe in die bib  vir ons n lekker plekkie gekry by n lessenaar en voor n groot venster met n uitsig oor die see ,wat meer wil n mens  he , free wifi en vining ook nog,vir ons tipe reisergers, hemels! Na die bib episode is alles op datum,boeke afgelaai,e mails gestuur en fotos gepos,toe weer tyd vir nog n Latte en muffin oppad terug skip toe.Nadat ons so n rukkie gestap het sien ek iets in die see maar kan nie uitmaak wat dit is nie, toe uieindelik agtergekom n see otter wat te lekker backstoke swem,wel  dit is n eerste, nog nooit so iets gesien nie,te oulik ,en lyk rustig,weet nie waarheen hy oppad was nie maar n hele ent van die land.

 

 

30 June 2015 Hubbard Glacier

Another day at sea and today we will be visiting the Hubbard Glacier,only arrived at 3h00 so assume the weather had  something to do with it because we were an hour late!Must say the last 2/3 weeks the weather has not been great,so now I understand why the locals carried on about the sunny weather.While in Seward I read the local newspaper and saw the wreck of the seaplane that went down in Ketchikan,said that the pilots in this part of the world( not for the faint hearted) the weather changes in a oogwink! And you don’t know what you are going to get until you are in area.The plane had gone to the Misty Fjords and the poor pilot had cancelled another visit to some or other place due to bad weather, so something must have gone drasticly wrong on the day.Things like this make you realise enjoy each day and live, for you don’t know what tomorrow brings.Overcast and rainy but could see glacier, so glad for the passengers,also lots and lots of loose ice floating around,each week I find myself taking photos of this beautiful place and the iceburgs,ook maar vrek bang vir die goed,told us the solid and dark ones the dangerous ones and on our way back from the glacier you can hear when we scratch against them,or I should say down here at the bottom of the ship you can hear,scary.Got to the gym for a workout and enjoyed it,on the first day of the cruise the gym is always full but the last few days the people seen to let go!!! Dont think you will find me in the gym if I am on a weeks cruise.Also had a young lady come into the gym and just casually takes a rubber mat and does the splits,and stays in that position while doing other excercises, then I realised she is one of the dancers on board and they all have lovelly bodies, are tiny and look like ballerinas,so dancing all day has its advantanges.Tomorrow we will be tendering again in Icy Strait Point,plan is for hubby to go on a nice long run and I will be walking but that all depends on the weather.Hubbys birthday in 2 weeks and then he joins me in the 50ties!!! So a ship birthday awaits him and they go to a lot of trouble with staff birthdays in his department.So until next time bye.

1 Julie 2015: Icy Strait Pont

Was another long wait before we could get off and catch the tender boats ashore.On my way to breakfast the skies were open and I thought a lovelly sunny day in Icy Strait Point awaits us,but an hour later everything changed and I could not believe that the weather could change so rapidly maar wragtig voor ons nog kon afklim, toe trek dit toe en weer nie so lekker nie.Liefie het toe die pad al langs die see gevat vir sy hardloop sessie en ek is toe rustig aan die stap agterna.So halfpad in die stap begin dit toe reen en ek besluit nee wat nie lus vir dit nie en draai om MAAR ons reling was ons kry mekaar op die stap roete so teen die see!!!! Wat ek toe nie weet nie is dat arme liefie oppad terug heen en weer hol op soek na my en elke keer dink hy het my dalk erens  gemis,GROOT fout want teen die tyd toe ons mekaar kry toe is die man al tier kwaai van bekommernis want waar is ek dan!!! Gelukkig het kwaai geid gou gesak en ek sal  volgende keer hou by die reeling reen of nie!! Toe is ons weer na ons plekkie voor die kaggel so teen die see vir koffie en hot chocolate.Reg oorkant  die gebou het ons  n rob  gesien wat rustig daar verby geswem het,die kinders het so teen die water klippe gegooi en was groot opgewondenheid toe hulle hom sien.Na ons kuier voor die kaggel is ons vir n stap deur die woud met sy hemel hoe bome en voel asof jy in n ander wereld is,alles gras groen,mos groei op alles,en dood stil.Daarna het ons eers weer gestaan en kyk na die zipriders wat afkom en daar was een man wat met n vreeslike spoed by die eindpunt aangekom het,ek was skoon benoud want gelyk hy gaan nie stop nie maar dink hy het daardie “springs” wat hulle stop tot in die rooi gedruk!!! Dink hy was maar seker n bietjie lywig gewees want lyk my hoe swaarder jy is hoe vinniger ry jy! Toe is dit tyd vir sit langs die oop vuur so teen die water,wat heerlik was,net gesit en gestaar na die vuur,heimwee na ons ou vuurtji tuis,maar gelukkig nie meer lank nie.Ons het ons misgis met die weer, so teen die tyd toe kry ons koud en kon nie wag vir n lekker warm stort en dan kooi toe onder die bekende blou kombers! More is dit weer Juneau maar dink nie die weer gaan verander nie so ons sal maar sien.Mooi bly

2 July 2015: Juneau

Arrived in Juneau and on my way to breakfast saw that it is not going to be a pleasant day today, raining and a strong wind blowing.All dressed up and knowhere to go!!  Decided was not up to this weather and walking around today, so stayed put.Cabin day today and maybe a movie afternoon under the duvay does not sound so bad!  Hopefully tomorrow is better and we will be able to dock in Skagway after our “skip” last week, due to very strong winds.Have to go shopping tomorrow for our,NEEDS  supplies are running low,not WANTS!! On TV am even watching the ladies world soccer games that are in Vancouver and Wimbeldon. Am so spoilt one of the nurses bought me the most beautiful earings in Juneau today, says made her think of me,was speechless for a moment, did not exspect something like this,made my day!! Anyway so until tomorrow, bye.

3 July 2015: Skagway

Gister midddag laat was daar weer drama want een van die werkers het nie opgedaag vir sy skof nie en toe hulle hom soek was hy nerens te vinde op die skip nie,so nadat hulle die hele skip deurgesoek het, het  hulle al die kamera opnames begin deurgaan en op dit het hulle gesien hoe hy in die nag oorboord gespring het,so onstellend,om te dink in die donker, in die koue water.Hulle se kon net so 5 min gehou het maar vir my vreeslik,so alleen en desperaat,sad. Weet nie of hulle ooit so iemand sal kry nie want dis ure nadat hy gespring het en die see wyd en groot.So gisteraand was maar n somber gevoel tydens ete.Die weer was maar gister vir die res van die dag sleg, ons kon darem vandoggend dok in Skagway,maar die weer alweer nie lekker nie,winderig,toegetrek en koud.Dink ons sal na die drill oefening net vining uitgaan vir ons voorrade en miskien n koppie koffie by Starbucks.Verlede week se kansellasie van die besoek aan Skagway het die een department $200 000 gekos, so dis omtrent n gatslag!!Hoop regtig die weer begin draai want kry die passasiers ook jammer wat so baie betaal of hoe lank spaar vir die week se cruise maar die weer kan jy nou nie beheer of bestel nie.More is Ketchikan en wil n hele paar fotos oplaai so gaan beslis weer op my ou plek uitslaan.Kan nie glo dat Maandag my laaste dag in Vancouver is nie want met volgende besoek klim ek af en dis huis toe!!So gaan my stap skoene aantrek en probeer uitkom in Stanley Park met sy reuse bome,dink daar kan jy wegraak.Nou ja tot later

4 July 2015: Ketchikan

Only arriving at 13h00 and leave at 20h00 tonight so have 7 hours to galavant!!and the best news of the day!!! SUN is shining and no clouds,not that that means anything in this part of the world!!.Die ander nuus is dat hulle die ou se lyk opgespoor het,ek maar bly veral vir sy familie,eintlik n wonderwerk want dis soos n speld in hooimiet soek, kan nie glo dat hulle dit reggekry het nie,weet ook nie al die ander detail nie.Seker maar gekyk wat die skip se posisie was toe hy oorboord is en toe uitgewerk waar om te begin soek.Sad.Vandag is Independence Day hierso so al wat leef  is aangetrek in hulle rooi en  blou kleure.Gister in Skagway is al die geboue opgemaak en die hoofstraat is gesluit vir feesvierings vandag.Lyk my dis n groot ding hierso elke jaar en hulle is natuurlik ook op die uitkyk vir enige aanvalle.Wat word van die wereld,wil nie eers meer nuus kyk nie want dis net moord doodslag en hartseer stories,heeldag lank.Vanoggend my weer aan die huil gehad met stories van Mexikaners wat Amerika toe prober vlug deur die woestyn en doodgaan van die hitte en son en nie genoeg water nie.Die een pa wou werk gaan soek in Amerika om sy seun te help wat nier probleme het en op dialise was ,van hom het hulle tot vandag toe niks gehoor nie maar sy groep het hom in die woestyn agtergelos toe hy nie kon byhou nie.Genoeg van dit.Verder gaan dit goed hierso en so bly om die son te sien,nie gedink mens kan so bly wees oor son nie!! Hierso moet ons ook sekere dae ons horlosies een uur vorentoe stel so dit maak mens omtrent deurmekaar en gisteraand was dit nog teen 11h00 in die nag, lig buite.Het ook eergister vir my n plekkie op dek 12 gaan kry en weer gesit en kyk toe ons weer oppad was na n gletser en in die tyd was daar n dansklas aan die gang met die passasiers en was dit nou oulik,Richard het dit aangebied en jy wil ook net dans,voete stamp en sing maar saam.Dis ook een ding van die werkers hulle kry jou so gou soos nou aan die gang met hulle musiek,gedans en gesing.Na n dag op droe grond wag hulle vir jou op die gangway en verwelkom jou terug met hierdie partyjie atmosfeer,dan voel jy spesiaal en bederf, seker maar alles deel van die pakket.O ja het hier n groot skrik gehad en dit oor n piesang!! Nog nooit dit oorgekom nie maar nou ja het  vreeslikste maagpyn op die krop van my maag gekry en begin dink o koek wat gaan nou hier aan en nie nou tyd vir enige siektes of hartprobleme  nie, maar gelukkig het liefie tot my redding gekom met sy pilletjies en later beter begin voel maar besef dit moes die piesang gewees het, so no more bananas vir die skipkat nie.Wonder of die sammon al hulle opwagting in Ketchikan gemaak het?? Dis darem wonderlike hoe die natuur is en hy word ook nie aangejaag nie sal kom as die tyd reg is,die groot gewag,nou ja tot volgende keer mooi bly.

 

 

No comments:

Post a Comment