Saturday, 18 July 2015

8 Julie 2015 :Ketchikan


8 July 2015: KETCHIKAN

Today we have  a beautiful day in Ketchikan.Only leaving at 4 this afternoon so gives us more than enough time to walking about.I first went to my normal lookout over this town and there I started chatting to a Indian women that told me that her grandfather was part of the Tlingit clan and made one of the totem poles in town,she has lived here all her life.Also said that last year the salmon only arrived in the 3 rd week of July, so maybe next week we will be lucky.Said I would know straight away when they have arrived for there will be lots of people on the bridge were they go upstream and eagles hanging around , after a few days you will smell them,so that does not sound so great,anyway I hope they arrive.Also saw that they were advertising that the bears have arrived at some or other creek so maybe that is also a good sign, HULLE IS HONGER!!!amazing how nature works.In a shop window I saw the most beautiful photpghraph of a brand new little bear,te pragtig.On FB I posted a few pics with things I saw in a shop like,DON’T MOOSE WITH ME!! GET YOUR REAR IN GEAR!!  A MOOSE WITH A CELL SAYING TEXT MOOSE AGING!! AND THEN MY SPECIAL ONE, a FISHERMAN LIVES HERE WITH THE CATCH OF HIS LIFE!! Well I am back on the ship and want to watch the sailaway when we leave this afternoon.So until tomorrow bye.

9 Junie 2015: Juneau

Vandag met die bus ingery dorp toe want toe ons afklim toe rol die wolke in en gelyk soos reen maar ons toe misgis net mis!Liefie honger toe het ons eers aangegaan by Papa Rods! Local halibut fish and chips.Toe is dit strate toe op soek na n tas vir liefie want sal beslis nie al sy pakkerasie inkry in sy 1 tas nie.Eintlik nie te slegte dag nie,bewolk maar darem geen reen.Plek wemel weer van die toeriste want 3 skepe in die hawe vir die dag.Na n bietjie rondloop is ons weer bib toe maar die wi-fi was maar treurig en net n frustrasie kon glad nie tydskrifte aflaai nie.Toe besluit ons nee stap rustig weer terug skip toe en maak ons eerder tuis onder ons blou kombers en n lekker middag slapie ingekry!Net voor sailaway op na dek 6 en toe agtergekom hulle wag alweer vir passasiers maar niemand gesien nie so neem aan hulle is toe weg sonder hulle,want gangway opgetrek en niemand het aangehardloop gekom van enige kant nie!Nou al so baie, amper laat stories gehoor dat ek nou genees is van te ver wegbeweeg van die skip behalwe as jy op n skip excurtion gaan want dan wag die skip as iets langs die pad gebeur.Dink het al vertel as die crew laat is dan is dit einde van jou werk,so die stories wat ek vertel is waar hulle 5 min voor afsny tyd arriveer  ,is close calls! Dan daag die taxi nie op nie of pad versperrings,nee my hart sal dit nie oorleef nie.Nou ja tot more

10 July 2015: Skagway

Last night we had dinner in the officers mesh and were talking about tegnology and how much has happened since we were kids,the one guy was telling us about his parents  where he is  trying to facetime them  and how they were sitting watching TV and heard the funny sound but thought it was from the TV and how he had to phone on there house line to tell them hey it is actually me trying to talk to you,on the ipad!! And then how they move the ipad around and he starts feeling sick because they are moving it around so much and then he sees the roof and then the floor!!! Sounds like me and had a good laugh.Said ja, lag maar vir ons, you are also going to get there one day.Is really a very nice guy ,is from the UK and his wife is going to join him for a week cruising and gets on the ship in Seward.This is one thing about this type of work and traveling you meet so many people from all over the world,amazing.Skagway is always drill day so will get off as soon as the drill is over and just go and walk around, for the next 2 days we are going to be @ sea and visiting the glaciers before we arrive in Seward on Monday.Well after lunch Leigh Ann and I, she is one of the nurses decided to go on a walking trail,but o my hat,what a climb awaited us!! Gevoel soos tafelberg en nie opgehou nie.You climb and climb,had me huffing and puffing all the way to the top,and worked up a sweat big time! No gym for me, today.Then we got to the lakes between the forest trees and the water crystal clear,mountain streams,beautiful.We decided to go down the mountain on another trail which was also very steep, so it was braking all the way down and Leigh Ann did the splits on loose stones but luckily did not get hurt,might be stiff tomorrow.So glad we did it, always nice to get out but don’t know if I want to go all the way to the top again,tough.The wi-fi  on the ship very slow so will have to wait for Seward by the looks of things.So until tomorrow,bye

11 & 12 Julie 2015 Glacier Bay /Hubbard Glacier

Op die see vir die 2 dae, gister het ons weer die Margery Glacier besoek,lag al so lekker vir liefie want hy se net nee dankie al genoeg glasiers gesien en gaan nie eers op om te kyk nie! Ek het darem weer die mooi uitsig gehad terwyl ek in die gym besig was,maar raak nou lui en net so n halwe poging aangewend! Goeie nuus is dat liefie ons budget uitgewerk het en ek kos hom baie minder as ek by hom is!!! Hy spaar eintlik, so gelukkig is my kajuit bespreek vir die volgende cruise en gaan nie van my ontslae wil raak nie!!! Die middag was regte bed weer en fliek kyk.Vanoggend is ons weer oppad na Hubbard Glacier en die weer nie lekker nie,toegetrek en reenerig maar hulle sal darem alles kan sien,so dis n pluspunt. Alweer wakker geword met skuur geluide teen die ys,omdat ons op dek 3 is klink dit seker erger as wat dit is maar nogtans nie lekker nie, lyk my elke 2 weke se storie,so toe eerder opgestaan en gaan gym.Daarso het ek ook die mooiste uitsig oor die glacier gehad en wraggies 4 cavings gesien,so n lekker going away present was my laaste besoek aan die glacier.Het vir my n mooi borduur lap gekoop toe ek die eerste keer Alaska toe is en het dit gister klaar gemaak so reg vir ons tafel tuis.Gisteraand was weer Gurka aand ,wat die sekuritiet manne wat van Napoli kom maak en ons was weer aand die brand!! ,liefie het geeindig met n glas melk en die ander se jy moet jou toilet rol in die yskas bere,so dit se alles.Was ook wave aand en liefie se beurt so die is 19h00 en 21h00 verhoog toe,sleepstert maar gelukkig maak hulle beurte, so net elke 2 de week.Die ander offisiere moet soms met die passasiers ook aan tafel gaan sit maar gelukkig het hulle department  uit dit gekom agv hulle werk en noodgevalle wat enige tyd opduik. Met tee vamiddag het ek afgekom op die praaitjie waar die passasiers vir die kaptein enige vrae kan vra en dit was heel intressant gewees.Nou ja dis eers al vir nou en more is dit hopelik mooi weer sodat ons die stap roete kan aanpak want ons laaste besoek aan Seward.

13 July 2015: Seward

The Alaska weather is not letting up ,overcast and miserable .Our last day in Seward so decided to go out anyway,so armed with umbrella and ponchos ,off we went.On our way we passed the lagoon and could not believe my eyes Salmon!!!! At last I have seen real, live salmon!!So they are on there way and saw 2 coming up from the huge pipe that feeds the lagoon from the sea.Beautiful and peacefull took some pics so can show you what the lagoon and salmon look like.After that excitement, the heavens opened up and it started raining! So our walk on the Two Lakes Trail was short and sweet! Must admit the sigh with a picture of a bear and no other people in site did leave me a bit nervous,did not feel like running for my life today.So took a few photos and just when we were ready to leave a young lady came past with her 4 over excited dogs, so was sure to chase all living animals away and hopefully any bears! She dropped her cellphone while trying to get her dogs under control, so hubby had to run after her to give it to her.Well after this we decided to visit the library and just wanted to get out of the rain, for our tekkies were sopping wet.There we got stuck for at least 3 hours and did all our business but no view today ,just rain and mist.When there was a break in the weather we made a dash for a warm cupp of coffee and our muffin.Then we hit the road again all along the sea on our way back to the ship in the rain.Passed fishermen that had caught 2 salmon  so they are on the move.The closer we got to the ship the harder the rain came down so was very glad to eventually get back,cold and wet.Then the best of the day was the warm shower and getting under  the blue blanket.At dinner we met the safety officers wife that had just got on a very nice girl that comes from Canada, she brought maple syryp cream cookies for the medical dept on her husbands request, I teesed him and  said it was bribary for he is due for a medical on Wednesday and is petrified of needles!! Back in the room we could not leave the packet unopened so out came the cookies.

14 Julie 2015: @ SEA

Vandag weer op die see vir die dag en is vamiddag so 14h00 weer by die Margery Glacier,dink ek gaan maar weer n draai buite maak aangesien dit my laaste keer is.Eers vanoggend weer gym toe en toe weer ontbyt gaan eet.Die week is daar weer 2100 passasiers en al die kajuite is vol,die ander dr klim af in Ketchikan en dan is dit weer n nuwe en wat kom.Vat so n paar dae om aan mekaar gewoont te raak maar dan gaan mens weer aan.Dis nou een ding van die werk, jy moet kan klaar kom met verskillende mense ,aanpasbaar wees.Moes ook my paspoort weer ingee en solank my bus rit na die lughawe bespreek, so all sorted vir Maandag.So gaan hier weg in die somer en sien die koue wag alweer vir my by die huis,nie dat ek eintlik hierdie somer noem nie maar so se hulle!!

15 July 2015: Icy Strait Pointnt Hoohna Alaska

Today we are back in Icy Strait Point for the last time.So off to shore in the tender boat for a walk about.The weather not great but no rain so am glad about that.Decided to catch hubby when we got there for a picture or two voor hy vastrap en niks wil weet nie but  did not even try to get one of him! Then we were off  to the lovelly wooden building right on the waters edge for our cupp of hot chocolate with cream! Wi Fi terrible so that did not last long.Went for a walk along the beach and then it was time to say goodbye to this beautiful  remote place and  went back to the ship.Just when we were in dreamland en ons lekker slaap toe arriveer ons kamer skoonmaak dame en dit was die einde van ons lekker middag slapie.Tomorrow it is hubbys birthday and  so glad I am here with him even if he is on duty so I will be doing my round on my own tomorrow in Juneau.Bye for now.

16 Julie 2015: Juneau

Wel vanoggend was dit verjaarsdag celebrations vir Liefie,51 jaar oud vandag, ook nou oor die half pad bult!Wakker geword met n gesingery toe liefie by ons kajuit uit is en hom vasloop in sy kollegas,fotos opgeplak en happy birthday  letters opgeplak teen sy deur,so lekker bederf.Ook n heerlike chocolate mouse koek gekry wat vrek lekker was net soet,die moes ek eet met n tongspatel!! N foto van liefie wat geneem is met n games aand is toe gepos op die skip se rekenaars na alle departemente  en so boodskappe van orals gekry,dink die verpleegster wat dit aan die gang gesit het moet maar lig loop,hy gaan haar wil terug kry!Opskrif bokant foto, would you trust this guy with your life!! So was n pretige verjaarsdag en lekker bederf.Ek was uit vir die dag en het my laaste rondtes gaan stap in Juneau maar die weer was maar mislik en koud.Ons het vroeg vertrek uit Juneau so moes teen 12h00 weer terug wees en die middag is ons na Tracy Arm om weer n gletser te bekyk.Dis een van die plekke wat vir my vreeslik mooi is.Aandete was weer n vol tafel met baie stories en lekker lag.Tot die ander offisiere begin nou al terg oor ons klomp wat so lekker kuier om die tafel.Ian en sy vrou was met die helicopter na die gletser en op n rit met die sledge dogs, ook die klein hondjies ontmoet,so hulle het n fantastiese dag gehad,en alles kom vertel.Nou weer oppad Skagway toe, so tot more.

17 Julie 2015: Skagway

Terrible weather,wind howling,cloudy and cold! First a drill exercise and then the two of us have to go suitcase hunting,hope we make it back to the ship without been blown into the sea!! If  not for the suitcase story, I think I would stay on board for the day.So glad we had the chance to do the trail last week.Vandag my mussie gedra in die vreeslike wind anders is hierdie grys krulle die wereld vol,eers is ons rivier toe en net betyds om die white pass stoom trein te sien verby gaan met sy waens vol passasiers.Then it was time to go suitcase hunting and luckily we found one in a hardware shop so then we had to cart this bright red suitcase around, all over town!! Kan julle die prentjie sien liefie en die rooi tas!!!  Wou n foto neem maar geweet hier soek ek nou moeilikheid en teen dit besluit!!!Also had time for a last strawberry icecream before we decided to rather return to the ship with the wind getting worse by the minute.Tomorrow it is Kethcikan and still hoping for the salmon run.Will also be my last blog posting on this Alaska trip.Hubby s itinary has been changed, so no South America for him,next trip will be to Seattle ,2 weeks of Alaska before the ship goes to San Francisco,Los Angeles,Mexico,Guatemala,Costa Rica,Panama Canal,Columbia,Belize,Honduras and Miami.Will also be doing charter trips which means the ship is booked for private people or should I say companies or people with big bucks,or maybe someone famous!!So that could be very exciting who knows what awaits us! I am very excited to see the Panamal Canal and Miami, for Miami is where hubbies new adventure started nearly 3 years ago.Monday I get off and fly from Vancouver to Heathrow then JHB and HOME !!! Very excited and hubby follows a week later.Hope you enjoyed my blog ,enjoyed sharing all our stories with our family and friends,so until next  time, GOD BLESS XXX

 

 

 

 

 

 

 

 

Wednesday, 8 July 2015

5 July 2015 @SEA


5 July 2015: @ SEA

Yesterday was a fantastic summer day and I was caught in the Ketchikan 4 July Independant Day celebrations and made me think back of my student days when we had “JOOL” at varsity.Is definitely a big thing in the States. Everyone was on the streets and most vehicles had kids and dogs in, like the fire trucks,ambulans,copcars,truckers,US Coast Guard ,skole,rotary,so looks like on this day the kids and animals join in,dis seker hoekom hulle so patrioties is.Had a street parade and have people throwing sweets at the kids along the way so some walked away with bags of them.After watching this parade I went to my usual spot and there were people all over,heard a family speaking  Afrikaans and could not let the opportunety pass without asking where they come from.They were going to get on an smaller ship that takes them exsploring Alaska with canoes,took a pic of there boat a few weeks back and said they are on it for 8 days,sound exciting.They only take 40 people and were having a special info talk for all there guest in the lobby of the hotel.Then I went to get some some chilli sauce for someone,called Screaming Santa there is fire in the North Pole!! And Frostys Melt Down made from Ghost Peppers hottest peppers in the world, well good luck for I will definitely not be putting it in my mouth.Then after a nice cup of tea, I landed under the blue blanket and got stuck there for a while!! Toe ek vamiddag oppad was, toe is ek verby een van die werkers wat lyk my te veel etanol in sy sisteem gehad het,en  moes reg maak om te blaas,die arme ding kry hulle so jammer, 9 maande weg van die huis is darem maar lank en raak seker party dae net te veel dan gee jy jou seker oor aan die drank,ek het al n paar keer met hom gesels toe ons n tafel gedeel het op sy aftye in Icy Strait Point ,dan skype hy met sy meisie.Het ook n versteekde swangerskap gehad van 34 weke nogal gespot en gese toemaar liefie sal dit beslis kan hanteer na al sy bevalling en ek sal my boobs uitleen vir cangeroo behandeling maar sy gelukkig huis toe voor enige moeilikheid.So sien never a dull moment en mense dink jy sien net mense wat seesiek voel!! Lyk my liefie was in sy vorige lewe n akteur want, die laat my so lag as hy die passasiers namaak,en wragtig oud word n lelike ding maar nou ja dit wag vir ons almal wat dit maak tot dan en het nie brieke nie,lyk my hy vat jou net.

6 July 2015: Vancouver

This morning we arrived in a Vancouver covered in smoke,even looks like fog, the smoke so thick.When I went up to deck 11 for breakfast I could smell the smoke,I asked a guy in the terminal building and he told me that they had been fighting a forest fire for a day and a half so that exsplained the smoke.If not for the smoke it would have been a beautiful sunny day in Vancouver.Today was also my last day of rondloping so I decided to hire a bike.Sighned the papers and off I went with my bike and basket!!cycleling on the  the rights side of the road which was also a funny feeling but enjoyed every minute.Luckely the lady told me that in Stanley Park it is a one way so no turning around, you have to get to the half way mark and can come back down it or you have to go all the way!! In the park you also have 3 areas, one for the cars, then for the bikes and right against the water for walkers,so makes  it very easy and all the bikes are going one way so no dodging other riders.Along the way I saw lots of ducks/geese or wat ever you call them, and one lone ranger,a seal.Stopped here and there to take photos and is a nice flat ride all along the sea with the park on your left.When I got to buildings I realised, ok you have to turn back and was stressed for a while until I got my bearings,took out the map of the park and made my u turn, water toe!! Hired the bike for 2 hours so had to be back by 11h15, had a deadline!! Had a great time and so glad I decided to do it.On my way back I heard crowds making a noise, little did I know that Americas women soccer team that had just won the world cup ,were busy with victory celebrations and there supporters and the world media .So up I went to also have a glimps of these players and got a photo or two,even picked up the red blue and white streamers they used ,that were lying all over .So I had a wonderful day, just sorry that hubby could not go with, for he would have loved it,but was on duty.So this afternoon we leave Vancouver, on our way to Seward and hope we have better weather this week.So until tomorrow bye.

7 Julie 2015: @SEA

Vandag is dit meer mistig en toegetrek met ontbyt, die mis weer so dik dat mens net mooi niks kan sien nie en alweer tyd gewees vir die mishoring se geblaas kort kort.Laat my terug dink aan die huis op daadie dae wat hulle ook so aanmekaar die mishoring blaas tot mens se irritasie tot jy self op die see is in sulke tye en besef jy kan regtig niks voor jou sien nie en dit jou hulp.Ek het gisteraand weer vleis geeet en vanoggend vol krag gewees in die gym, so begin dink daar steek waarheid in die storie vleis gee jou krag!! Sover gaan dit rusitg en geen drama.Vamiddag toe ek op is na dek 11 vir tee en koek!! toe het ons 5 walvisse gehad wat baljaar,so dit was nogal spesiaal,een van hulle het seker so 5 keer kop eerste uit die water opgekom en dan weer met n groot gesplash die water in,dan sien jy n fin an dan weer n stert wat so stadig verdwyn.So lyk my was walvis dag!Later die middag toe roep liefie my om te se dat n paartjie van SA ons kom groet het en dit is toe familie van n vriendin in Graaff-Reinet wat vir die week op die cruise is,en syt vir ons gese ons moet op die uitkyk vir hulle wees.Dit was nou n lekker verrassing en baie oulike mense en soooo lekker om mense van die huis te sien,te lekker gesels. More is ons weer in Ketchikan,die week doen ons dinge mos agterste voor.Liefie werk more so ek gaan alleen die pad moet vat maar vandag op sy af dag,dink ek sal ons seker weer onder die blou kombers eindig!!Nou ja tot more mooi bly.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Saturday, 4 July 2015

29 Junie 2015 Seward


29 Julie 2015: Seward

Gisteraand weer n speletjies aand gehad en eers 12h30 in die bed gekom, so die nag was heeltemal te kort gewees en oortjies hang vanoggend beslis nie bright eyed en bushy tailed nie.Om alles erger te maak is dit nog toegetrek en mistroostig buite,daardie weer waar jy verlang na mense wat jy nie eers ken nie!!!Harte staan nou huis toe! Ek en liefie is toe na ontbyt weer hier die strate in en heeltyd gestap in weer wat net 2 druppels spoeg ,net genoeg om jou bril nat te maak.Orals le sommer groot poele water so hulle het beslis baie reen gehad en alles is nat.Vandag is dit weer die optel van nuwe passasiers vir die volgende week se cruise.Met die gedrup buite  het ons besluit om nie vandag die staproete aan te pak nie, so hopelik kan ons dit met volgende besoek doen want dit sal my laaste keer in Seward wees, so next time.Toe is dit weer see langs bib toe,wat pragtig was, so n vasige mis oor die dorpie en see, het mooi fotos geneem met ons gestap.Het ook oppad vir ons eers n lekker warm Latte gekry wat vining afgegaan het, toe in die bib  vir ons n lekker plekkie gekry by n lessenaar en voor n groot venster met n uitsig oor die see ,wat meer wil n mens  he , free wifi en vining ook nog,vir ons tipe reisergers, hemels! Na die bib episode is alles op datum,boeke afgelaai,e mails gestuur en fotos gepos,toe weer tyd vir nog n Latte en muffin oppad terug skip toe.Nadat ons so n rukkie gestap het sien ek iets in die see maar kan nie uitmaak wat dit is nie, toe uieindelik agtergekom n see otter wat te lekker backstoke swem,wel  dit is n eerste, nog nooit so iets gesien nie,te oulik ,en lyk rustig,weet nie waarheen hy oppad was nie maar n hele ent van die land.

 

 

30 June 2015 Hubbard Glacier

Another day at sea and today we will be visiting the Hubbard Glacier,only arrived at 3h00 so assume the weather had  something to do with it because we were an hour late!Must say the last 2/3 weeks the weather has not been great,so now I understand why the locals carried on about the sunny weather.While in Seward I read the local newspaper and saw the wreck of the seaplane that went down in Ketchikan,said that the pilots in this part of the world( not for the faint hearted) the weather changes in a oogwink! And you don’t know what you are going to get until you are in area.The plane had gone to the Misty Fjords and the poor pilot had cancelled another visit to some or other place due to bad weather, so something must have gone drasticly wrong on the day.Things like this make you realise enjoy each day and live, for you don’t know what tomorrow brings.Overcast and rainy but could see glacier, so glad for the passengers,also lots and lots of loose ice floating around,each week I find myself taking photos of this beautiful place and the iceburgs,ook maar vrek bang vir die goed,told us the solid and dark ones the dangerous ones and on our way back from the glacier you can hear when we scratch against them,or I should say down here at the bottom of the ship you can hear,scary.Got to the gym for a workout and enjoyed it,on the first day of the cruise the gym is always full but the last few days the people seen to let go!!! Dont think you will find me in the gym if I am on a weeks cruise.Also had a young lady come into the gym and just casually takes a rubber mat and does the splits,and stays in that position while doing other excercises, then I realised she is one of the dancers on board and they all have lovelly bodies, are tiny and look like ballerinas,so dancing all day has its advantanges.Tomorrow we will be tendering again in Icy Strait Point,plan is for hubby to go on a nice long run and I will be walking but that all depends on the weather.Hubbys birthday in 2 weeks and then he joins me in the 50ties!!! So a ship birthday awaits him and they go to a lot of trouble with staff birthdays in his department.So until next time bye.

1 Julie 2015: Icy Strait Pont

Was another long wait before we could get off and catch the tender boats ashore.On my way to breakfast the skies were open and I thought a lovelly sunny day in Icy Strait Point awaits us,but an hour later everything changed and I could not believe that the weather could change so rapidly maar wragtig voor ons nog kon afklim, toe trek dit toe en weer nie so lekker nie.Liefie het toe die pad al langs die see gevat vir sy hardloop sessie en ek is toe rustig aan die stap agterna.So halfpad in die stap begin dit toe reen en ek besluit nee wat nie lus vir dit nie en draai om MAAR ons reling was ons kry mekaar op die stap roete so teen die see!!!! Wat ek toe nie weet nie is dat arme liefie oppad terug heen en weer hol op soek na my en elke keer dink hy het my dalk erens  gemis,GROOT fout want teen die tyd toe ons mekaar kry toe is die man al tier kwaai van bekommernis want waar is ek dan!!! Gelukkig het kwaai geid gou gesak en ek sal  volgende keer hou by die reeling reen of nie!! Toe is ons weer na ons plekkie voor die kaggel so teen die see vir koffie en hot chocolate.Reg oorkant  die gebou het ons  n rob  gesien wat rustig daar verby geswem het,die kinders het so teen die water klippe gegooi en was groot opgewondenheid toe hulle hom sien.Na ons kuier voor die kaggel is ons vir n stap deur die woud met sy hemel hoe bome en voel asof jy in n ander wereld is,alles gras groen,mos groei op alles,en dood stil.Daarna het ons eers weer gestaan en kyk na die zipriders wat afkom en daar was een man wat met n vreeslike spoed by die eindpunt aangekom het,ek was skoon benoud want gelyk hy gaan nie stop nie maar dink hy het daardie “springs” wat hulle stop tot in die rooi gedruk!!! Dink hy was maar seker n bietjie lywig gewees want lyk my hoe swaarder jy is hoe vinniger ry jy! Toe is dit tyd vir sit langs die oop vuur so teen die water,wat heerlik was,net gesit en gestaar na die vuur,heimwee na ons ou vuurtji tuis,maar gelukkig nie meer lank nie.Ons het ons misgis met die weer, so teen die tyd toe kry ons koud en kon nie wag vir n lekker warm stort en dan kooi toe onder die bekende blou kombers! More is dit weer Juneau maar dink nie die weer gaan verander nie so ons sal maar sien.Mooi bly

2 July 2015: Juneau

Arrived in Juneau and on my way to breakfast saw that it is not going to be a pleasant day today, raining and a strong wind blowing.All dressed up and knowhere to go!!  Decided was not up to this weather and walking around today, so stayed put.Cabin day today and maybe a movie afternoon under the duvay does not sound so bad!  Hopefully tomorrow is better and we will be able to dock in Skagway after our “skip” last week, due to very strong winds.Have to go shopping tomorrow for our,NEEDS  supplies are running low,not WANTS!! On TV am even watching the ladies world soccer games that are in Vancouver and Wimbeldon. Am so spoilt one of the nurses bought me the most beautiful earings in Juneau today, says made her think of me,was speechless for a moment, did not exspect something like this,made my day!! Anyway so until tomorrow, bye.

3 July 2015: Skagway

Gister midddag laat was daar weer drama want een van die werkers het nie opgedaag vir sy skof nie en toe hulle hom soek was hy nerens te vinde op die skip nie,so nadat hulle die hele skip deurgesoek het, het  hulle al die kamera opnames begin deurgaan en op dit het hulle gesien hoe hy in die nag oorboord gespring het,so onstellend,om te dink in die donker, in die koue water.Hulle se kon net so 5 min gehou het maar vir my vreeslik,so alleen en desperaat,sad. Weet nie of hulle ooit so iemand sal kry nie want dis ure nadat hy gespring het en die see wyd en groot.So gisteraand was maar n somber gevoel tydens ete.Die weer was maar gister vir die res van die dag sleg, ons kon darem vandoggend dok in Skagway,maar die weer alweer nie lekker nie,winderig,toegetrek en koud.Dink ons sal na die drill oefening net vining uitgaan vir ons voorrade en miskien n koppie koffie by Starbucks.Verlede week se kansellasie van die besoek aan Skagway het die een department $200 000 gekos, so dis omtrent n gatslag!!Hoop regtig die weer begin draai want kry die passasiers ook jammer wat so baie betaal of hoe lank spaar vir die week se cruise maar die weer kan jy nou nie beheer of bestel nie.More is Ketchikan en wil n hele paar fotos oplaai so gaan beslis weer op my ou plek uitslaan.Kan nie glo dat Maandag my laaste dag in Vancouver is nie want met volgende besoek klim ek af en dis huis toe!!So gaan my stap skoene aantrek en probeer uitkom in Stanley Park met sy reuse bome,dink daar kan jy wegraak.Nou ja tot later

4 July 2015: Ketchikan

Only arriving at 13h00 and leave at 20h00 tonight so have 7 hours to galavant!!and the best news of the day!!! SUN is shining and no clouds,not that that means anything in this part of the world!!.Die ander nuus is dat hulle die ou se lyk opgespoor het,ek maar bly veral vir sy familie,eintlik n wonderwerk want dis soos n speld in hooimiet soek, kan nie glo dat hulle dit reggekry het nie,weet ook nie al die ander detail nie.Seker maar gekyk wat die skip se posisie was toe hy oorboord is en toe uitgewerk waar om te begin soek.Sad.Vandag is Independence Day hierso so al wat leef  is aangetrek in hulle rooi en  blou kleure.Gister in Skagway is al die geboue opgemaak en die hoofstraat is gesluit vir feesvierings vandag.Lyk my dis n groot ding hierso elke jaar en hulle is natuurlik ook op die uitkyk vir enige aanvalle.Wat word van die wereld,wil nie eers meer nuus kyk nie want dis net moord doodslag en hartseer stories,heeldag lank.Vanoggend my weer aan die huil gehad met stories van Mexikaners wat Amerika toe prober vlug deur die woestyn en doodgaan van die hitte en son en nie genoeg water nie.Die een pa wou werk gaan soek in Amerika om sy seun te help wat nier probleme het en op dialise was ,van hom het hulle tot vandag toe niks gehoor nie maar sy groep het hom in die woestyn agtergelos toe hy nie kon byhou nie.Genoeg van dit.Verder gaan dit goed hierso en so bly om die son te sien,nie gedink mens kan so bly wees oor son nie!! Hierso moet ons ook sekere dae ons horlosies een uur vorentoe stel so dit maak mens omtrent deurmekaar en gisteraand was dit nog teen 11h00 in die nag, lig buite.Het ook eergister vir my n plekkie op dek 12 gaan kry en weer gesit en kyk toe ons weer oppad was na n gletser en in die tyd was daar n dansklas aan die gang met die passasiers en was dit nou oulik,Richard het dit aangebied en jy wil ook net dans,voete stamp en sing maar saam.Dis ook een ding van die werkers hulle kry jou so gou soos nou aan die gang met hulle musiek,gedans en gesing.Na n dag op droe grond wag hulle vir jou op die gangway en verwelkom jou terug met hierdie partyjie atmosfeer,dan voel jy spesiaal en bederf, seker maar alles deel van die pakket.O ja het hier n groot skrik gehad en dit oor n piesang!! Nog nooit dit oorgekom nie maar nou ja het  vreeslikste maagpyn op die krop van my maag gekry en begin dink o koek wat gaan nou hier aan en nie nou tyd vir enige siektes of hartprobleme  nie, maar gelukkig het liefie tot my redding gekom met sy pilletjies en later beter begin voel maar besef dit moes die piesang gewees het, so no more bananas vir die skipkat nie.Wonder of die sammon al hulle opwagting in Ketchikan gemaak het?? Dis darem wonderlike hoe die natuur is en hy word ook nie aangejaag nie sal kom as die tyd reg is,die groot gewag,nou ja tot volgende keer mooi bly.