Monday, 29 June 2015

20 Junie 2015 KETCHIKAN


20 Junie 2015: Ketchikan

Looked cold outside but turned out to be a lovelly day and I was overdressed again!! So stripped while I was walking around, just don’t seem to get it right but know have to layer so that I can strip if I need to!! See so many beautiful things just wish I has space to take some home but this way round I may only have 1 suitcase that weighs 23kg and packing for so many weeks not so easy.Have been told to only buy things at the end of the Alaska season for then they all have sales so we will see, my handluggage might be so heavy I cant lift the dam suitcase to get it in the overhead compartment! Or could say HELP have a sore arm or back!!! Hubby only came with one suitcase but will have to buy one for him.Went up the creek and walked all the way to the Cape Fox Hotel,100 s of steps but got my exercise in for the day,the sammon have not arrived yet, luckily we come back to Alaska for 2 weeks  before we leave for Mexico and Chile so if we miss them this time, they hopefully will be here by   then.Would love to see them, so holding thumbs.On my way back took another route down and ended in a residencial area with most of the houses  built on slopes with lots and lots of steps,gave them one look and new did not want to pikkel up them with all my shopping bags!! Cant remember if I have told you that here at every zebra crossing they have a person manning it with a big Stop sign something like skollie patrollie at school and you don’t even think of crossing anywhere else or get shouted at,so you wait until told to cross.Stopped again for groceries!! and ended up buying a packet of cashew nuts which I sat and ate while watching tourists coming and going,very intertaining,believe it or not.Bye for now.

21 Junie 2015: @SEA

Vandag weer op die see vir die dag en oppad na Vancouver.Hierdie roete terug is vir my nogal mooi en volgens die kaptein het ons n ander roete gevat net vir n verandering.Jy sien die land aan albei kante van die skip en ons seil so tussen die berge deur , hulle noem dit die inside passage.Het ook met ontbyt afgekom om n walvis wat aanmekaar uit die water opgespring  en geval het, net jammer was bietji ver so kon nie fotos neem nie en die skip was toe op vol spoed so gaan baie vining verby sou graag wou weet hoekom hulle dit doen of speel hulle net.Dis een ding op die skip as enigiemand iet sien dan weet jy dadelik daarvan.Verder rustige dag gehad.Tot more,bye

22 Junie 2015: Vancouver

Ek weer alleen vir die dag so is na ontbyt die strate in.Liefie wou iets by die Apple store he, so ek moes eers daar n draai maak en hier maak die winkels eers 10h00 oop.So aan die gesels geraak met die ou wat my gehelp het en kan jy glo toe ons oor selfone praat en as jy nie weet watter een om te kies  nie, toe se hy nee jy vind uit wat hulle return policy is en gaan kyk eers of jy tervrede is en regkom en indien nie vat hom terug!!!!! Nog nooit gedink om so iets te doen nie,hier dink hulle net anders en verwag ook baie meer.Ook afgekom op n ou wat goed gekoop het en toe die goed wou terug bring maar sonder sy kwitansie strokie  en net nie nee vir n antwoord wou vat nie,het vir hoe lank gestaan by toonbank totdat die teller naderhand gese het jy kan maar hierso staan dit gaan niks verander nie,ek is naderhand daar weg so wonder wat toe in die uiteinde gebeur het.Ek het eers gedink daar is n taal problem want was n chinese man maar toe nou nie.Oppad terug n park gaan afneem wat bo op n gebou geplant is,amazing gras, bome,hedges,noem maar op sal foto opsit dan kan julle sien.Het dit op baie ander geboue ook al gesien,wonder hoe werk die bome of is hulle in groot houers geplant? Lyk my in etenstyd  trek al wat leef buite toe en sit of le in die parkies,seker so bly om die son te sien na hulle erge winters.Ook in n hotel n draai gaan maak met die mooiste blommerangskikkings,pragtig en ruik lekker.Toe weer tyd vir skip toe en afgekom op n hele gesin dwergies,seker 6 van hulle en n kind wat ook dwergie is,was besig om tasse op trollie te laai en ook gevra waar skip is so neem aan hulle ook op die week se cruise,maar twee skepe in hawe so kan dalk op ander skip wees,sal beslis sien as hulle by ons eindig.Dit het my net weer laat besef hou op kla oor hoe jy lyk en wees net dankbaar jy is gesond en normaal. Arme liefie het weer n hele gedoende met n swanger pasient want na 24 weke laat hulle nie iemand op die skip toe nie,geen fasilitiete vir sulke gevalle indien iets sou verkeerd gaan nie en mag ook geen kinders onder 6 maande saam bring nie,dus as jy hier opdaag mag hulle weier om jou te laat opklim, so lees die fyn skrif dis belangrik!Ook die oggend n inspeksie gehad van die owerhede wat n verassing besoek was ,maar als darm goed gegaan,dis om te kyk of hulle op standaards is wat betref veiligeid.Soos ek se: never a dull moment .Tot more.

23 Junie 2015: @ Sea

Vanoggend weer bly le want weet n lang dag op see wat wag.Is toe darem later uit die vere en gym toe.Vandag weer krag gehad en lekker geoefen, terwyl ek op treadmill was het die mense iets in die see gesien maar ek het dit gemis, was te laat, neem aan was dolfyne of walvis wonder of die water nie te koud vir dolfyne is nie?? Maar nou ja,if you snooze you lose hier moet jy vining wees.Oorkant my aan ontbyt tafel was n paartjie wat duidelik dik was met mekaar en aan die stry en baklei so lyk my hulle cruise het nie goed begin nie!!! Hopelik eindig dit op n beter nood.Verder wil ons vandag bietjie op dek 6 al om die skip gaan stap en dan dink ek sal liefie n middag slapie op sy afdag probeer inwerk en hy vang my elke keer, ek se nee, ek gaan nie slaap nie en voor ek my kan kry is ek ook plat getrek onder die blou kombers.Dis nou een lekkerte van die skip, die gewieg slaap soos n baba, weg wereld, droomland!! Nou ja more is dit weer Ketchikan, nogal lus vir die lumberjack show of gaan nuwe roete na die bib soek en die Mount Everest bult probeer vermy.

No comments:

Post a Comment