01 Junie 2015: Seward
Vanoggend
vroeg het ons in Seward aangekom en die wolke weer laag,dink nie ons gaan
vandag die son sien nie.Ons is gedok n hele entjie buite die dorpie in die
industriele gebied,so ons gaan vandag weer stap skoene aantrek.Ek en liefie is
toe seker so 10 uur vanoggend hier weg ,eerste het ons die koeltrokke gekry wat
hulle volgende kwota laai en toe ook n sterk visserige reuk,so aangeneem vis ook hulle
hoofinkomste in die deel! Die dorpie nie te klein nie lyk vir my so groot soos
Skagway sou ek se.Hele paar oulike geskenke winkels en dwars deur die dorp
gestap tot aan die anderkant.Toe by n klein koffie winkel uitgekom met
wi-fi!!!! Vir liefie n muffin gekoop maar die was dodelik wat betref
sooibrand,so nie n goeie koop nie.Daarna is ons al langs die waterkant terug
skip se kant toe en dit was nogal iets spesiaal,lyk my in die somer maande kom
mense met hulle trailors soos hulle dit noem (caravan ) dan kom bly jy sommer
hier teen die waterkant .Orals plekke waar jy kan vuur maak so teen die
waterkant.Die mense baie rustig en casual,ek sou se lewe naby aan die natuur,sien
berfietse,kayakke,canoes,bote,glad nie grand nie.Vir my iets besonders en sien
uit om vir nog n paar keer hierso rond te loop.Daar is n Two lakes nature park
net so langs die dorpie en wil he ons moet volgende keer bietjie daarso gaan
stap,miskien is ons gelukkig en sien moose en eagles.Wil ook graag halibut en
chips eet so sal dalk dit ook volgende keer probeer,Baie baie skepe hierso of
ek moet seker eerder se, bote en seiljagte.Tot n vis skoonmaak area op die hawe
,het foto geneem en sal dit vir julle wys,lyk my hierso steel hulle nie want
baie goed staan sommer net so buite.Dit was vandag weer n dag vir gaste aflaai
en nuwes optel vir die volgende week,die wat in Seward op en afklim moet die
trein of coaches soos hulle die busse noem vat na Anchorage en dan van daar af
vlieg hulle wherever heen.So as liefie afklim gaan hy darm meer van die dele te
sien kry want soos ek voorheen gese het hy vlieg huis toe van Anchorage.Ek nou al in
my 4 de week hierso en kan dit eintlik nie glo nie, hoe se hulle die tyd vlieg
wanneer jy n goeie tyd het!! 6 om te gaan dan is dit huis toe.Weet nie hoe die
ander mense vir 9 maande hierso bly nie maar as jy jonk is is dit seker ook
baie anders.So tot more
2 June
2015: @ SEA and Hubbard Glacier!!
Today we
are supposed to visit the Hubbard Glacier again or should I say try to!!! Ooooo
my genade hope the ice is less and the weather better, but we will soon see for
it is 12h15 now and we are picking up the pilot at 14h00 and will be leaving
the area at 18h00.So will be keeping you updated later today. Tomorrow hubby is
off so we will be visiting Icy Straight Point together so very excited just so
much nicer, think he will go on his run and meet me in front of the huge fire
at one of the restaurants. We are tendering again which I enjoy and he does not
like at all. Ou grys koppe vol dinge!!! Ha ha. I was in the gym this morning
but was not bright eyed and bushy tailed, one of those days! petrol not coming
through. One of hubby’s colleagues that worked with him on his first contact is
coming to visit him in Vancouver, so he very excited, he really helped him so
much and meant a lot to him. Well we got to the glacier today, I had my doubts
because at one stage there was thick mist all over but then we got a break.
Also very beautiful and looked a lot bigger to me than Margery Glacier. Also
saw a few seals lying on the icebergs that are all over. When we got to the
glacier we met another ship and using their horns they had a conversation with
each other so still want to find out what was said!! Hubby says the big ship
told the smaller one to ……,get out of his way!!! Ou grapgat.I was outside for
quite some time and was not so cold but there was no wind and maybe that makes
all the difference. So until tomorrow bye.
03 Junie
2015: Icy Strait Point Alaska
Vandag is
ons geanker net buite die dorpie en is weer inry met tender bote,en wraggies
lyk my al wat leef en beef wil afklim want is al 11h00 en ons wag nogsteeds
want al die passasiers moet eers af voor ons kan aflkim.Liefie le al onder die blou kombers en soos hy se, net as hy nou
lekker wegraak gaan dit tyd wees vir afklim!! Murphys Law!! Mis le weer laag en
het al n paar druppels gereen, so ons
klim af met pochos en sambrieel ,reg vir die Alaska weer.Is toe darem
uiteindelk af en eers deur die museum en fotos geneem waar ek vis werk!!Was nie
suksesvol met liefie nie, hy weer so steek soos n donkie.Daarna al langs die
water tot by die oop wood chip vuur en dit was nou vir hom baie lekker,hy se
het nie gedink hy sal ooit so bly wees om n oop vuur te sien nie .Toe begin dit
reen en ons het gaan skuiling soek in die Landing Zone Bar en Grill met lekker
vure wat brand en beskutting teen die koue. Vir ons n hot sjokelade en grilled
halibut salad bestel wat heerlik was maar wil nog ons halibut en chips eet,die
egte vis en chips experience!!Kry genoeg sammon op die skip so sal dit nie
bestel nie,dit klink seker soos die muis wat dik is!!!!! Van ons kollegas sou
gezipline het maar kon nie plek kry nie so hopelik gaan hulle op n crew lys
kom, vir n volgende keer,het hulle eintlik jammer gekry want was so
opgewonde vir dit,en toe die
teleustelling,maar nou ja passasiers eerste! Kon darem n foto of wat gelaai kry
maar ook met stampe en stote,hierso is die wi-fi nie te goed nie.More is ons in Juneau die
oggend en die middag besoek ons weer die Sawyer Glacier,hulle lyk vir my maar
dieselfde,die roete na die een is net vir my bitter mooi en n nou pad, as ek
dit so kan beskryf.Kranse reg langs ons maar hierso darem nie iceburgs soos by
die Hubbard Glacier nie,daar is ek skoon op my senuwees,die swartes wat
gevaarlik is, loer so hier en daar vir ons.Moet erken daardie eerste besoek
waar ons moes omdraai was genoeg vir my,maar toe mens met tweede besoek darem
kan sien om jou en waar die groot icburgs is toe is dit baie beter.Lyk my die
besoek aan sulke plekke ook maar vir die brug offisiere stressvol,dit het een
van die ouens vir ons met laaste kontrek vertel.Tot more,bye
4 June
2015: Juneau( Marcel se verjaarsdag!
22jr oud vandag)
The weather
has now caught up with us and is rainy and cold today,real Alaska weather! So I
changed my mind and did not even get of the ship today,so hubby says regte skip kat!!! Was not going to walk
around in the rain and icy wind. Last night was another games evening and only got to bed after 12h00
and this time Aaka and I had our wine out of whiskey glasses, better than paper
cups!! Started a new game called Scattergories after our usual Uno game.Kan
voel nie n springkuiken na so n gesit op
die grond vir die aand nie,stokstyf as ek moet opstaan!!Half way through the
game a patient arrived but after been seen, on went the game!! Luckily it was a
crew member want dink dit klink maar woes,met al die gesels en lag.Gelukkig
moet die passasiers eers bel voor hulle in die dele waar ons bly en werk
toegelaat word.Liefie werk vandag en hulle het n nuwe masjien gekry om
volbloedtellings te kan neem, so hy baie
beindruk,hy hou mos van die tegnologie.Ry vamiddag 13h15 en dan is dit Sawyer
Glacier.Die weer laat my dink aan regte egte Kaapse winter weer,die bed wink my
alweer nader en dink nie dit gaan veel vat om my te oortuig nie.OOO ja moet
eers bieg het vanoggend vir die heel eerste keer 11h00in die oggend geswig voor
n waffle,room en blue berries en was vrek lekker!!! Was dalk n groot fout want
nou weet ek hoe dit proe en soos ek se die magie groei! Vamiddag was ek op die buitedek maar oooo
genade ysig koud hier in Sawyer Glacier
se wereld ,reenerig en bitter koud ,soos ysblok gevoel met terug keer na ons
kajuit toe,dadelik onder die kombers in, om warm te word,so spyt te laat wakker
geword toe ons by n ysberg verby is met n bald eagle wat op hom sit,kon foto
neem maar as ek vroeer wakker geskrik het kon ek n baie mooi een gekry het,wys
jou net jy moet moet heeltyd op die uitkyk
wees en reg wees vir enige verassing in die wereld. Nou ja tot more mooi bly
5 Junie
2015: Skagway
In Skagway
vandag maar hier aangeseil gekom met n m….. stert wind van agter en die gety
baie laag, so voel asof die wind ons op droe grond gaan neersit.Toe ek
vanoggend op is na dek 11 om ontbyt te gaan eet toe sien ek ok,hier waai die
wind vandag dat dit bars,storm sterk en ruk die skip so nou en dan rond,
defnitief geen sambriele aanbeveel nie
want jy kan dalk net ander kant die White Pass Rail land!!! Crew het eers almal
n groot drill en dan kan ek en liefie eers pad vat dorp toe,en ons gaan ons show kan gaan kyk, so ek is baie opgewonde.Lyk my
Alaska se weer is nou onderste bo met winter weer!! Wel, ons is toe
gepanser teen die wind en koue hier uit dorp toe,en heel eerste ons kaartjies
gaan kry vir die show wat 12.30 sou begin,en wraggies daar kry ons toe n heerlike
verrassing liefie gaan verniet want hy crew en ek kry afslag want is n
aanhangsel van n crew member,so dit was great.Eers deur n paar winkels en vir
ons n café Latte gaan kry toe is dit Showtime!!! Min het ons geweet wat wag,n
pragtige outydse teater ,dis nou waar die meisies op die eerste verdieping sit
met hulle 1 been by die venster uit en se jy moet na die show kom as jy die
ander een wil sien,hulle trek natuurlik baie aandag op straat met hulle geroep
en geskreeu van bo, dit gebeur nou elke
keer net voor n show begin..Die show is die DAYS OF 98 SHOW with Soapy Smith hy
was n outlaw/skelm van die gold rush dae wat almal wat hy kon, verneuk het,hy is
toe ook in die uiteinde in Skagway doodgeskiet maar n karakter wat tot vandag
toe nog, oor gepraat word!!! Die show het skaars begin en voor ons weet wat ons tref word arme liefie verhoog toe
gavat soos n lam ter slagting en ek dink oooo koek, hy gaan se hoekom het ek
hom nie gewaarsku hulle roep iemand verhoog toe nie en daar gaan hy….. Wel was
ek nou met hom beeindruk, baie mooi saamgespeel en hy is natuurlik n man wat
Skagway toe kom vir goud en verlei word deur 2 vrouens!!! Hoe se hulle, female
intertainers in die kroeg van Soapy
Smith,voor ek weet is hulle met hom die trappe op en daar verdwyn hy.N hele
rukkie later maak hulle weer hulle verskyning en bring die arme man af in n
japon en met n mussie op sy kop, wel toe kon ek nie meer my lag inhou nie ,en
hy speel nog mooi saam!!! Nou wonder ek vir myself dit lyk asof hy die hele
storie geniet of wag daar n groot skel vir my as die ding klaar is.Na n rukkie
word hy darem onstlaan terug na sy stoel toe langs my maar vir die res van die
show is dit TJ dit en Tj dat.Hy is nou die karakter wat vir altwee meisies gese
het hy is lief vir hulle en gaan met
hulle trou en vir elkeen n garter gegee het om ,om hulle been te sit !! so
basies baklei hulle oor hom.Moet se hy lyk darem nie te kwaad nie en geniet
darem nog die res van die show,lag te lekker en leef hom in die ding.Teen die
einde begin hulle met die CAN-CAN en toe is dit ons vrouens se beurt en
natuurlik omdat ek sy suster is!!! Moet
ek toe ook op en gaan dans,wel wat kan mens doen en daar is ek toe ook
op die verhoog al dansende,moet se was darem prettig.Toe die show klaar is toe
kry liefie wragtig n toekenning wat se:: SOAPY SMITHS TWO TIME MEMBER
ACHIEVEMENT AWARD FOR SERVICE ABOVE AND BEYOUND THE CALL OF THE WILD!!!! Mr TJ
became a cast member of the days of 98 show with Soapy Smith. Xxxxx from Molly
and Wabbletooth!! Nou ja en soos hulle se and the rest was history!!!! Hy het
dit geniet ,so ons het n lekker dag gehad en ons besoek aan die dorpie eintlik
baie spesiaal gemaak, hy se darem oooo dis baie beter as om in die winkels rond
te loop.Moes natuurlik vra wat het hulle bo gedoen!!!!! Net gesels!!! Nee hulle is almal akteurs van New York wat maar gaan
waar die werk is, se hulle sal ook graag as intertainers op die skepe wil
werk.Wel hoop dit is die naaste wat liefie kom aan n bordeel se meisies!!! Het
heelwat fotos van die aspirante akteur se eerste show maar belowe sal dit nie
publiseer nie!! Sal ons tuis moet kom besoek om dit te sien.More is dit
Ketchikan maar ek loop alleen rond want hy werk, hoop net die weer draai ander
is dit nog n skip dag vir my.So tot more mooi bly.
No comments:
Post a Comment